Kom ons bid: gebede vir vandag (Afrikaans Edition)
Not Available / Digital Item
Condition: USED (All books are in used condition)
Condition - Very Good The item shows wear from consistent use, but it remains in good condition and functions properly. Item may arrive with damaged packaging or be repackaged. It may be marked, have identifying markings on it, or have minor cosmetic damage. It may also be missing some parts/accessories or bundled items.
Kom ons bid: gebede vir vandag (Afrikaans Edition)
Vele gewone en diep spirituele mense is deesdae huiwerig om te bid, omdat hulle godsbegrip besig is om ’n ingrypende verandering te ondergaan, weg van die opvatting van God as ’n Persoon; ’n Hemel-Vader met wie ons ’n liefdevolle verhouding kan hê en wat gebede aanhoor – maar dit nie altyd verhoor nie! Saam met die Westerse denke en wetenskap het ons begrip van God meer abstrak begin raak. In Kom Ons Bid vertel sewe bekende skrywers hoe Christene op ander tye in die geskiedenis gebid het en wat ons daaruit kan leer. Daarin word ’n nuwe sin vir gebed vandag ontdek, dat gebed in die eerste plek die gemeenskap van die gees met God is, wat ons geestelike lewe voed – en nie ’n pleidooi om gunste en gawes nie.
’n Geestelike lewe sonder gebed moet noodwendig verskrompel en verdroog omdat daar geen gebedsdialoog is wat dit voortdurend voed nie. Daarom kan die moderne mens nog steeds Paulus se vermaning om “te bid sonder ophou†ernstig opneem.
Piet Muller Die redakteur en samesteller van Kom Ons Bid, dr Piet Muller, is ’n toekomskundige, skrywer en spreker, wat ook gereeld op radio en TV optree. Hy studeer filosofie aan die universiteite van die Vrystaat, Kaapstad en Pretoria en is die skrywer van verskeie publikasies. Die laaste drie dekades skryf hy gereeld oor meditasie en spiritualiteit. Hy bied werkswinkels, kursusse en retraites aan.