NUWE DAGBREEK (Afrikaans Edition)
Product Description
Condition - Very Good
The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.
NUWE DAGBREEK (Afrikaans Edition)
NUWE DAGBREEK: Vir Madeleine de Jongh is die pad vorentoe onbekend nadat sy haar vriendskap met Hendrik Steyn verbreek het. Sy weet dat daar geen toekoms vir hulle twee is nie, veral nie noudat sy vrou hulle eersteling verwag nie.
Gelukkig word haar lewe in ʼn nuwe rigting gestuur – ʼn rigting wat Madeleine nooit voorsien het nie en allermins gedink het sy opgewasse voor is. Saam met die gestremde klein Naudé ontdek sy hoe waar tant Ralie se woorde is dat ʼn Hoërhand die mens se storie skryf, en deur die oë van Naudé leer sy ʼn wêreld ontdek wat onbekend aan haar is.
Sy word gedwing om met Naudé se pa, Malan Gericke, rekening te hou want vir hom is sy seun se oppasser, soos al die voriges, bloot ʼn middel tot ʼn doel. Vir hom bestaan slegs harde werk, oomblikke van lyflike genot waaraan hy geen waarde heg nie en die herinneringe aan die vrou wat wreed van hom weggeruk is... Mari van den Berg vertel hierdie verhaal op 'n deernisvolle wyse en getrou aan haar aard, kan die leser identifiseer met die emosies wat hier ter sprake is.
NUWE DAGBREEK is deur Lapa Uitgewers onder die titel: “ʼn Nuwe dag†gepubliseer en word nou deur die skrywer as e-boek aangebied.


