Nuwe drome (Afrikaans Edition)

Nuwe drome (Afrikaans Edition)

Product ID: B07FTFLFGQ Condition: USED (All books in used condition)

No Stock / Cannot Import
Buy in USA

Product Description

Condition - Very Good

The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.

Nuwe drome (Afrikaans Edition)

Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Technical Specifications

Country
USA
Author
Cecilia Nortjé
Binding
Kindle Edition
EISBN
9780799390148
Format
Kindle eBook
IsAdultProduct
Label
LAPA Uitgewers
Manufacturer
LAPA Uitgewers
NumberOfPages
458
PublicationDate
2018-07-23
Publisher
LAPA Uitgewers
ReleaseDate
2018-07-23
Studio
LAPA Uitgewers