Omnibus 3 (Afrikaans Edition)

Omnibus 3 (Afrikaans Edition)

Product ID: B07F184N3B Condition: USED (All books in used condition)

No Stock / Cannot Import
Buy in USA

Product Description

Condition - Very Good

The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.

Omnibus 3 (Afrikaans Edition)

Al drie hierdie liefdesverhale is ook as afsonderlike publikasies op Amazon beskikbaar.
VERSTE STER: Om ʼn tweede keer te kan liefhê, is ʼn seën wat nie Elmari of Dewald verwag het nie. Hulle gryp dit met dankbaarheid aan en die twee gesinne word as een saamgevoeg. Die soet nagte wat hulle deel, verinnig hulle verhouding en gee hulle moed vir die aanpassingsprobleme wat die kinders ondervind. Om dinge egter verder te kompliseer, spoel die misplaaste attensies van een van Dewald se pasiënte, oor na sy huis. Mari van den Berg laat die leser deel in die smart, ontnugtering en bevrediging van ʼn tweede liefde in hierdie boeiende lekkerlees-liefdesverhaal.
LIEFDE AS ERFENIS: Na Herman Mans se onverwagse dood, neem Simon Walters die verantwoordelikheid van Herman se nalatenskap op sy skouers. Hy trek by Lara en die kinders in om hulle deur die transisie te help; maar ontdek gou dat daar in die Mans-huishouding geheime doodgeleef is. Hy word gedwing om ʼn nuwe emosionele fondasie vir Lara en haar twee kinders te bou en in die proses word hy ook gekonfronteer met Monica en klein Ankie, en die uitwerking wat hulle op hom het, ontspoor die weg wat hy voor hom gestippel sien. Die skrywer se fyn aanvoeling vir die ménslikheid van die mens, die stryd wat hy stry om sy natuur te bowe te kom, en die innerlike krag waaroor hy beskik om dit uiteindelik reg te kry, maak van hierdie aangrypende en versterkende leesstof.
WAAR LIEFDE WOON: Die stad met sy baie helder liggies en ʼn suksesvolle modelloopbaan is Juanita Combrinck se lewe. Hier het sy bewys dat ʼn buitengewone voorkoms meer as net ydelheid is. Hier het sy haar moontlikhede ontdek en leef nou daarvolgens. Die stof van haar tuisdorp het sy van haar voete afgeskud... Maar anders as wat almal dink, is sy nie gelukkig nie. Hoekom het haar ouers nog nie een van haar modeparades bygewoon nie? Hoe gemaak noudat haar ma ernstig siek is en sy moet terugkeer huis toe? Hoe moet sy die mense van wie sy gevlug het, hanteer? Mari van den Berg het al bekendheid verwerf met haar boeiende, menslike liefdesverhale. Juanita se verhaal beloof om lesers ook enduit te boei.

Technical Specifications

Country
USA
Binding
Kindle Edition
ReleaseDate
2018-06-24T20:21:25.582Z
Format
Kindle eBook