Rika du Plessis-Omnibus 3 (Afrikaans Edition)
Product Description
Condition - Very Good
The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.
Rika du Plessis-Omnibus 3 (Afrikaans Edition)
Let asseblief op dat hierdie drie boeke ook apart op Amazon aangebied word.
Dokter Christo kom tydens sy vakansie af op ‘n erg verminkte meisie in ‘n rotsskeur. Haar hare en oë laat hom dink aan sy verdwene verloofde wat hy nie kan vergeet nie. Toe sy laat blyk sy ly aan geheueverlies, oortuig hy haar sy is sy verloofde, Theresa. Danica ly nie regtig aan geheueverlies nie, maar sy vrees vir haar lewe, en speel daarom saam. Sodoende het sy nie nodig om te sê wie sy regtig is nie, en behoort haar moordenaar haar nie te kan opspoor nie. Maar toe ontmoet sy Christo se aantreklike vennoot, dokter Walt… en suster Lien wat vir Christo wil hê…
Justin word op Chanson, ‘n vakansieoord, as bestuurder aangestel. Dit word besit deur twee susters waarvan een in ‘n rystoel is. Al drie het ‘n verlede waarmee hulle worstel, en tog raak albei susters op hom verlief. Die een suster wend haar tot die uiterste van haar siek gees om hom in te palm, maar sy hou nie rekening met die oord se Jan-van-alles, Kevin, wat ‘n slaafse siek liefde vir haar het nie. Afpersing, ontvoering en moord volg mekaar op, met die hoop dat die regte liefde sal oorwin.
Jessie gaan kuier by haar grootouers op Ventershoop na haar oupa ‘n hartaanval gehad het. Die man – hul aangenome seu –op wie Jessie voorheen verlief was, is by ‘n onaangename nagklub op die dorp betrokke. Ventershoop het ‘n nuwe bestuurder, Nico, op wie Jessie verlief raak. Maar by Nico in sy kamers woon ‘n geheimsinnige jong meisie wat nooit haar verskyning maak nie, en Nico eienaardig laat optree. Wie steel die plaas se skape in die nag? En wie het die hen se kuikens wreedaardig vermoor en rondgestrooi?






