Rika du Plessis Omnibus 2 (Afrikaans Edition)

Rika du Plessis Omnibus 2 (Afrikaans Edition)

Product ID: B00HUAF0PI Condition: USED (All books in used condition)

No Stock / Cannot Import

Product Description

Condition - Very Good

The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.

Rika du Plessis Omnibus 2 (Afrikaans Edition)

Let asseblief daarop dat hierdie drie boeke ook apart op Amazon aangebied word.

Charles verlaat Annelie na drie jaar van ‘n gelukkige huwelik om na sy vorige vrou toe terug te gaan. Sy trek weg na ‘n klein seedorpie waar sy in Belvedere die verlamde ma van die bekende skrywer, Stiaan gaan versorg om vir haar ‘n nuwe lewe te begin. Daar ontmoet sy ook sy broer, Ryno wat op die oog af ‘n losbollewe ly, en natuurlik hulle ma. Dan, onverwags kom sy op die yslike geheim van die gesin af in hulle ondergrondse kelder, en sy is in die middel van die gemors. Intussen het sy ‘n nuwe liefde ontdek, maar die geheim staan soos ‘n sementmuur tussen hulle. Hulle smag na mekaar, en kort-kort stoom dit tussen hulle, maar net toe hulle amper op die piek van hulle geluk is, bars die bom…

Nadia keer terug vanaf Engeland na haar Karoo plaas toe waar haar peetouers steeds na die plek omsien. Hulle het intussen vir haar ‘n bestuurder en onderbestuurder vir die groot plaas aangestel op haar aanvraag. Sy ontmoet hulle, en toe sy voor die bestuurder staan, is sy verslae. Hulle was verloof, maar hy het die verlowing verbreek omdat hy met ‘n ander vrou wou gaan trou, maar nou ken hy haar nie. Hy het geheueverlies na hulle hom in ‘n diep skeur op die plaas gevind het. Wat het hy hier kom maak? Toe ‘n vreemde meisie boonop opdaag en sê hulle is verloof en sy verwag sy kind, verstaan sy nog minder. Hy is dus toe nie getroud nie... Intussen het sy ‘n stryd om ‘n paar skilderye te voltooi, want sy is besig om haar sig te verloor... en veediefstalle op die plase word ook ‘n bedreiging...

Sy wou so graag maar net een van hulle wees sonder dat hulle weet sy is die eienaar van die vakansieplaas, daarom het sy gelieg oor wie sy is. Die leuens boemerang op haar toe die man wat sy liefkry van dit uitvind nog voor ‘n behoorlike verhouding tussen hulle kan ontstaan. Hy verdwyn uit haar lewe toe sy gasteplaas langsaan afbrand en hy nie die fondse het om dit weer op te bou nie. Daar breek egter ‘n dag aan dat sy met ‘n oopgekloofde been donkernag naby sy karavaan by sy murasies deur sy hond gevind word...



Technical Specifications

Country
USA
Author
Rika du Plessis
Binding
Kindle Edition
Format
Kindle eBook
IsAdultProduct
Label
H. Cloete
Manufacturer
H. Cloete
NumberOfPages
348
PublicationDate
2014-01-12
Publisher
H. Cloete
ReleaseDate
2014-01-12
Studio
H. Cloete