Sarah du Pisanie Omnibus 10 (Afrikaans Edition)

Sarah du Pisanie Omnibus 10 (Afrikaans Edition)

Product ID: B00PVUVF9E Condition: USED (All books in used condition)

No Stock / Cannot Import

Product Description

Condition - Very Good

The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.

Sarah du Pisanie Omnibus 10 (Afrikaans Edition)

In Die Suidwestertjie ken Sarie Wessels net die sonkant van die lewe – tot daardie onheilsdag dat die lot juis háár tref om Blouwildebees, oftewel grootbaas Hugo Kritzinger, se sekretaresse af te los. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef . . . Tuis duik ʼn onverwagte penarie in Hugo se lewe op. Hy huisves sy broer, Paul, en dié se twee kleuters terwyl hul ma ʼn rugoperasie ondergaan, maar blindedermontsteking stel sy huishoudster ʼn maand lank buite aksie. Wat nou gedaan? Sarie, die aflos-huishoudster, steel dadelik klein Annemie en Karl se harte. Met haar sonnige geaardheid laat sy selfs vir Hugo, die bot buffel, geleidelik ontdooi en anders na die lewe kyk. Totdat die snobistiese Alice Sullivan op die toneel verskyn en hom waarsku dat daar dalk slinkse plannetjies agter die Suidwestertjie se onskuld skuil. Hugo kan homself nie meer peil nie. Nog erger, selfs die jaloesieduiwel begin hom teister wanneer Daan by Sarie kom kuier. Het die son dalk te laat in sy lewe begin skyn? In Dierbare drosters moet Betsie Viljoen se pa weens geldnood hul plaas aan Barend von Throtha verkoop en by die Ebony-myn gaan werk, en dit steek ʼn wit vlam van wraak in haar hart aan. En nou, ná jare op die stowwerige myndorpie, is Jasper Viljoen oorlede en wag sy en haar vier pragtige halfsussies op die mynmagnaat om hulle te kom haal. Gelukkig kry hulle snuf in die neus oor sy plan om vir Betsie werk te kry en die ander vier weeshuis toe te stuur. Met wa en donkies vlug hulle na die ou berghut op die plaas. As hulle moes geweet het dat ou Barend se seun, Ludwig, op die plaas boer, sou hulle dadelik die hasepad gekies het. Gelukkig kry hulle ʼn beskermengel in die vorm van die vertoiingde ou prospekteerder, oom “Slonsie”. Wanneer Barend besluit om self op Kameeldoring na die Viljoen-dogters te kom soek, het Ludwig sy eie planne om hulle te beskerm. Want Betsie is die eerste meisie wat sy gewese verloofde, Anette Adendorf, se beeld uit sy hart verdryf. Anette daag egter onverwags saam met sy pa op die dorp op, en skommel Ludwig se kaarte lelik deurmekaar. Waar eindig jammerte en waar begin liefde? En kan ʼn vrou weer lewe in uitgebrande kole blaas? In ’n Nooi vir Omdraaikrans sorg Hilda Cronjé met 'n slinkse slenterslag dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Ná ʼn tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ʼn Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ʼn Desperate Bernard Cronjé reël dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgeleë Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om ʼn topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan “Hilda Cronjé”, oftewel “Griet”, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronjé saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronjé, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in ’n hoek . . .

Technical Specifications

Country
USA
Author
Sarah Du Pisanie
Binding
Kindle Edition
Edition
1
EISBN
9780624071761
Format
Kindle eBook
Label
Jasmyn
Manufacturer
Jasmyn
NumberOfPages
451
PublicationDate
2014-11-19
Publisher
Jasmyn
ReleaseDate
2014-12-10
Studio
Jasmyn